Wikkelvoetjies bestaan uit 4 klassies, nl:

Baba klas - Vir babatjies vanaf 3 to 18 maande.
Oranje klas - Vir peuters vanaf 18 maande tot 3 jaar.
Groen klas - Vir kleuters vanaf 3 tot 4 jaar oud.
Blou klas - Vir kleuters vanaf 4 tot 5 jaar oud.

Algemene inligting:

Die skool open om 06h30 en sluit stiptelik om 17h30.
Ouers wat nie voor 17h30 hul kinders kan kom afhaal nie, word vriendelik gevra om die skool in help with writing a personal statement kennis te stel.
Wikkelvoetjies is oop regdeur die jaar, behalwe in Desember / Januarie wanneer die skool gesluit is vir drie weke oor Kerfees en Nuwe Jaar

Maaltye:

Die skool voorsien warm ontbytpap. Ons verkies dat elke kind by die skool pap eet. Geen kitspap word by die skool toegelaat nie.
Ouers is verantwoordelik vir daaglikse oggend happietyd wat verkieslik ‘n vrug, yoghurt en ‘n broodjie moet wees. Ons moedig ouers aan om ‘n gesonde happietyd te voorsien.
Die skool voorsien warm middagetes en ons sorg dat dit voedsaam is en berei elke dag iets anders voor. Die kinders kry ook koeldrank saam met hul middag ete.
Die skool voorsien die daaglikse middag happietyd. Vrugtesap is deurentyd beskikbaar vir die kinders.
Babakamer ouers is self verantwoordelik vir doeke en formule melk.

Praktiese reëlings:

Geen speelgoed mag saam met u kleuter skool toe kom nie. Dit veroorsaak oneenigheid tussen maats.
Merk asseblief alle persoonlike besittings mooi duidelik.
Met verjaarsdae verkies ons klein ‘cupcakes’ wat maklik is om uit te deel, of selfs ‘n klein partytjie pakkie.
Laat weet asb die skool as die kleuter vir langer as twee dae afwesig is.
Geen kinders met aansteeklike siektes mag by die skool toegelaat word nie.
Geen medikasie mag sonder toestemming toegedien word nie. Alle medikasie moet in die kind se kommunikasieboek aangeteken word.

Benodighede met inskrywing of aan die begin van elke nuwe jaar:

  • Kussing, Kombers, Sonhoed. (Hoef nie nuut te wees nie)
  • Sonskerm
  • 2 pakke wetwipes per kwartaal
  • A4 hardeband boek vir kommunikasie
  • Vir die baba klas kan die do my homework online ouers ook opsioneel eie kampbedjie bring.
  • Die volgende items is nodig vanaf die Oranje klas:
    • 1 A4 flip files
    • 1 Dik inkleurboek
    • 1 Dik buisie Pritt
    • 1 Bal
    • 1 Pak vetkryt, verkieslik Rolfes – Dik vetkryt vir Oranje klas / Dun uitdraai vetkryt vir groen en blou klas.
    • 1 Swart skopfiets
    • 1 Voorskoot vir verf aktiwiteite

System.String[]

System.String[]